2 maande gelede
Steve doen die eerbare ding
GEEN KAAPSE DRAAI: Steve Hofmeyr het die regte besluit geneem oor die AIG-konsert.Foto: GETTY IMAGES  ~ 

FLUIT-FLUIT, Steve Hofmeyr se Afrikaans is Groot-storie is uit.

Dié omstrede kunstenaar het besluit sy en Afrikaans is Groot (AIG) se paadjies moet skei.

Hy skryf op Facebook: “Nadat ek dit met die raad bespreek het, het ek besluit om terug te staan sodat die AIG-konserte in 2020 in Kaapstad kan plaasvind.”

Channel24 berig dit kom nadat Sun International, wat die venue vir die konserte voorsien, hom laas maand wou onttrek oor Steve se aanmerkings in die sosiale media.

Maar die hotelgroep kon hom toe nie loswikkel uit die deal met AIG nie as gevolg van kontraktuele en wetlike kwessies.

Steve sê hy’t hom opgeoffer vir die mense saam met wie hy aan die konsert gewerk het.

Muur

“Ek doen dit in die belang van my kollegas en ons groot produksiespan. Ek verstaan die massiewe uitdagings in terme van infrastruktuur en koste en watter verlies van inkomste dit vir my medekunstenaars kan beteken. Ek verstaan dat Sun International nie die venue in Kaapstad beskikbaar sal maak indien ek nie dié besluit maak nie.”

Nee, Steve. Jy het geen besluit gemaak nie. Jou rug was teen die muur. Jy het geen keuse gehad nie.

O, ja. En as ek jy was, dan sal ek maar eerder ver weg van die konsert bly as dit hier in Kaapstad gehou word. Vra maar eerder een van jou tjommies om ’n live video te maak, dan kyk jy dit maar so.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters