19 dae gelede
Sterre stylish en talentvol
sexy: Ann Juries- May het haar prag­tige, toned bene gewys in dié kobaltblou rok met ’n sy-sleep.  ~ 

LAAS week het ons local celebs op die blou tapyt geskitter.

Plaaslike sterre in die filmbedryf het omtrent uitgehang by die 9de Silwerskermfees by die posh Bay Hotel in Kampsbaai.

Van 21-14 Augustus is van die nuutste Afrikaanse films en kortfilms soos Poppie Nongena, Fiela se Kind, Griekwastad, Die Begrafnis en Skeef by die fees gewys.

Op Saterdag die 24ste is die Silwerskermfees-toekennings aangebied en die local celebs het met styl opgedaag.

Hier is van ons gunsteling looks.

Foto:
sexy: Ann Juries- May het haar prag­tige, toned bene gewys in dié kobaltblou rok met ’n sy-sleep.
lekke’ comfy: Lee-Ann van Rooi is gemaklik in ’n sjiek baadjie en ’n paar tekkies.
op trend: Christiaan Olwagen show sy moon bag op die blou tapyt af.
eenvoudig: Die pragtige krulkop Nicole Fortuin wys ’n swart rok wen altyd.
sjiek: Renaldo Schwarp het drama na die blou tapyt gebring met dié tux-baadjie met die lang sleep.
skitter: Leatitia Solomons lyk soos ’n godin in dié blink vloerlengte-rok.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters