15 dae gelede
Sterre sing sportman se spaarvarkie vol
DING gaan RUK!Emo Adams en sy broer, Loukmaan Adams, tree op.FOTO VERSKAF  ~ 

DIE sanger en TV-persoonlikheid Emo Adams en sy broer, Loukmaan, gaan ’n show gee om Luchen Meyer (15) van Macassar se droom moontlik te maak.

Die musikant Brent Krus reël die show om die jong sportman te help. Hy het die geleentheid gekry om in Italië te gaan rugby speel, maar sy ouers het dit nie breed genoeg om vir die trip te betaal nie.

Brent vertel: “Die jeug is die toekoms van môre. Daarom is dit belangrik dat ons hulle drome vlerke help gee.”

Die konsert vind op 15 Junie in die saal van die Hoërskool Bernadino in Kraaifontein plaas.

Die vertoning begin 18:00. Die kaartjies vir volwassenes kos R120 elk en skoliere betaal R80 om in te gaan.

Bel Divine Barron by 084 624 6124 vir nog inligting.

Op 5 Julie word daar ook by die Hoërskool Macassar ’n vertoning aan­gebied.

Dié keer sal Loukmaan, Brent en die orkes Band By Design die vermaak verskaf. Dit begin 18:00 Dié kaartjies kos ook R120 en R80 onderskeidelik.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters