27 dae gelede
Ster ‘spot’ talentvolle Michaela online
engelstemme: Michaela Andrews saam met Jonathan Rubain. Foto: gregory Noble  ~ 

TOE die gospelster Jonathan Rubain haar op Facebook sien, het hy haar dadelik nader getrek om aan sy konsert deel te neem.

Michaela Andrews (21) is baie opgewonde om saam met die groot name in gospel op te tree.

“In alles wat ek doen, raadpleeg ek eers die Here,” vertel die talentvolle gospelsangeres van Heinz Park, Philippi.

“Ek is dankbaar dat my ouers my in ’n godvresende huis grootgemaak het. Dis hoe my liefde vir gospelmusiek ontstaan het.

“My hart jubel vir die groot geleentheid wat op my pad gekom het om die verhoog met Jonathan te deel.”

Rubain vertel hy het Michaela op Facebook sien sing en was so diep aangegryp deur die lied “Jou Nuwe Seisoen Breek aan” dat hy in trane was.

Andrews het nie toegelaat dat haar omstandighede haar agterhou nie. Vandag is sy ’n opgeleide lugwaardin en kan nie wag vir haar eerste vlug nie.

“Soek eers die Koninkryk van God en al die dinge sal vir jou bygevoeg word,” sê sy.

Rubain se konsert saam met Seuns van Sion vind 20:00 op 31 Augustus in die Grand Arena by GrandWest plaas.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters