2 maande gelede
Sorry, girls, dis nie Elton op Tinder
GETROUDE MAN: Elton Jantjies sê daar is honderde mense wat sy naam vir fake profiles gebruik.Foto: gallo images  ~ 

NEE, julle, Elton Jantjies soek nie vrou op Tinder nie.

Daar is glo ’n fake profile van dié rugbyspeler op die dating site.

Die bedrieër(s) het drie foto’s van Elton op die fake profile gebruik.

Op een van die foto’s is Elton by ’n busstasie en op ’n ander een spog hy kaalbolyf met sy spiere. Daar is ook een waar hy netjies uitgevat is in ’n pak.

Volgens Channel24 het ’n gebruiker van ’n dating site die fake profile raakgesien.

Die 28-jarige rugbyspeler is ’n getroude man. Hy en sy partner, Iva Ristic, het twee kinders saam.

Hy het aan The Juice gesê hy weet nie eens van die dating site nie.

Elton vra verbouereerd: “Wat is Tinder?

“Ek is nie seker wat dit is nie, maar daar was ’n hele paar keer dat mense my naam gebruik het.

“As ek na elke liewe geval moet kyk waar mense my naam gebruik, sal ek honderde profiles moet report.”

Sak nou, Sarel.

Ek glo darem nie daar is so baie pro­files nie.

Maar as jy “Elton” se profile op Tinder sien, moet jy maar weet dis fake en eerder left swipe.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters