Verlede maand
Só lyk Saftas-lys
SLIM MOND: Crystal-Donna Roberts is benoem vir haar rol as Janice in Arendsvlei.  ~ Foto Verskaf

GELUK aan al diegene wat vir die Suid-Afrikaanse Film en Televisie-toekennings (Saftas) benoem is.

’n Spesiale gelukwensing aan Op Seer se Spoor, wat benoem is in die kategorie vir beste feitelike en opvoedkundige program.

Dis ’n bewys dat ons mense se stories erken word. Dit wys dié bedryf is besig om te verander en dis goeie nuus vir opkomende akteurs, draaiboekskrywers en regisseurs.

Ons is ewe trots op Crystal-Donna Roberts (beste aktrise: telenovela), wat benoem is vir haar rol as Janice in Arendsvlei, Zenobia Kloppers (beste aktrise: fliek) vir haar rol as Fiela in Fiela se Kind, Roberto Kyle Meyer (beste akteur: telenovela) vir sy rol as Lee-Roy in Arendsvlei en Denise Newman (beste aktrise: sepie) vir haar rol as Bridgette in Suidooster.

Letitia Solomons se kortfliek Die Begrafnis is ook benoem. Vanjaar kan ons, die kykers, besluit wie die Safta-horing vir die beste TV-aanbieder gaan wen, asook wat die gewildste sepie/telenovela is. Arendsvlei is nege keer benoem, insluitend in die kategorie vir gewildste sepie/telenovela. So, maak seker jy stem.

Om vir jou gunsteling in dié twee kategorieë te stem, kan jy net *120*45884# SMS en die prompts volg. Julle kan vanaf môre (Maandag) tot op 28 Maart stem.

Die 14de Saftas vind op 28 Maart plaas.

Hier is van die benoemings:

Beste TV-aanbieder

  • Thembisa Mdoda – (kode 1)
  • Anele Mdoda – (kode 2)
  • Graeme Richards – (kode 3)
  • Entle Bizane – (kode 4)
  • Waldimar Pelser – (kode 5)
  • Sthembiso Dliwayo – (kode 6)
  • Emo Adams – (kode 7)
  • Masechaba Ndlovu – (kode 8)
  • Christopher Jaftha – (kode 9)

Gewildste TV-sepie/telenovela

  • Arendsvlei (kode 1)
  • Binnelanders (kode 2)
  • Getroud Met Rugby (kode 3)
  • Giyani – Land of Blood (kode 4)
  • Imbewu (kode 5)
  • Isibaya (kode 6)
  • iSipho: The Gift (kode 7)
  • Isithembiso (kode 8)
  • Muvhango (kode 9)
  • Rhythm City (kode 10)
  • Scandal! (kode 11)
  • Suidooster (kode 12)
  • The River (kode 13)
  • The Throne (kode 14)
  • The Queen (kode 15)
  • Uzalo (kode 16)

Beste kortfliek

  • Die Begrafnis
  • Joko Ya Hao
  • The Letter Reader

Beste telenovela

  • Arendsvlei
  • Isibaya
  • The River

Beste aktrise: telenovela

  • Crystal-Donna Roberts – Janice­ Cupido, Arendsvlei
  • Leleti Khanyile – MaZulu, Imbewu
  • Sindi Dla­thu – Lindiwe Dlamini, The River

Beste akteur: telenovela

  • Roberto Kyle Meyer – Lee-Roy Foster, Arendsvlei
  • Hamilton Dhlamini – Banzi, Isithembiso
  • Presley Chweneyagae – Thuso Mokoena, The River­

Beste TV-sepie

  • Rhythm City
  • Scandal!
  • Suidooster

Beste TV-drama

  • Lockdown Season 4
  • Spreeus
  • The Republic

Beste aktrise: TV-drama

  • Dawn King – MaZet in Lockdown Season 4
  • Zola Nombona – Monde in Lockdown Season 4
  • Florence Masebe – Lufuno in The Republic

Beste akteur: TV-drama

  • Wiseman Mncube – Jama in eHostela
  • Robert Hobbs – Gary in The Girl From St. Agnes
  • Warren Masemola – Thabang in The Republic

Beste byspeelster: TV-drama

  • Brenda Ngxoli – Nomonde in iThemba
  • Lorcia Cooper – Tyson in Lockdown Season 4
  • Pamela Nomvete – Deborah in Lockdown Season 4

Beste byspeler: TV-drama

  • Deon Lotz – Albertus Kriel in Die Byl
  • Hlomla Dandala – Vice President in The Republic
  • Seputla Sebogodi – Moses in The Republic

Beste feitelike en opvoedkundige program

  • Made in Africa: The Ties that Bind Us
  • Op Seer se Spoor – Episode 3 “Netta”
  • Yobe S2
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters