12 dae gelede
Snoop Dogg wys tande vir TV-vrou
Val aan: Snoop Dogg het gehap na die TV-vrou Gayle King oor sy wyle Kobe Bryant se rape-saak opgehaal het.  ~ Eonline

SNOOP Dogg is moerig vir Gayle King oor iets wat sy oor die NBA-ster Kobe Bryant gesê het.

Kobe (41), sy dogter Gianna Bryant (13) en nog ses mense het twee weke gelede in ’n helikopterongeluk gesterf.

Ek sien op E! Gayle het in ’n CBS-onderhoud verwys na die verkragtingsaak wat die basketbalspeler in 2003 geface het.

Dis nie net Kobe se fans en vriende wat kwaad is nie, Gayle is self moerig – vir haar network, oor hulle die out-of-context clip versprei het.

Dreig

Die video waarin sy die Women’s National Basketball Association-ster Lisa Leslie, Kobe se eks, oor die rape-saak vra, is op CBS This Morning se Twitter-blad gelaai.

Snoop Dogg het daarop gereageer deur die TV-vrou in ’n Instagram-video te dreig.

“Gayle King, jy was out of pocket vir daai k*k. Heel buite pocket.

“Wat gaan jy daaruit put? Ek sweer ... Ons is die f*kk*n ergste.

“Ons verwag meer van jou, Gayle­. Hang jy nie saam met Oprah Winfrey uit nie? Hoekom val julle ons aan? Ons is julle mense.

“Julle val nie vir Harvey Weinstein aan nie. Julle vra nie vir hom dom vrae nie. Ek raak siek en sat vir julle. Hoe durf jy my f*kk*n broer se reputasie beswadder?

“Respekteer die familie en back off voordat ons jou kom kry.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters