6 maande gelede
Skolopad gaan 2019 single in
skollie? Skolopad sê sy het haar verlowing verbreek omdat die ou haar soos ’n kind treat.Foto: ghafla.com  ~ 

SKOLOPAD het haar fiancé in 2018 agtergelaat.

Volgens Channel24 het No­nhlanhla Qwabe (34) op Facebook gesê sy is spyt sy’t ooit aan die ou verloof geraak, want hy praat met haar asof sy sy kind is.

Die ou se naam is nêrens te vinde nie. Sy het tevore verduidelik sy deel nie foto’s van hom nie omdat hy “antisosiaal” is.

Die sangeres het in September aangekondig sy gaan vrou nr. 2 word vir ’n getroude man.

Ongeluk

Sy het aan The Juice vertel hulle het mekaar vroeër in 2018 ontmoet by ’n event waar sy opgetree het. Ná ses maande se dating het hy haar (ook) die jawoord gevra.

Verlede week het Skolopad aan The Juice gesê dis tickets met die verlowing; die ou het haar in die hospitaal laas gesien. Sy was September in ’n ongeluk.

Skolopad is nou spyt sy was in ’n poligame verhouding – en dít nadat sy voorheen gesê het sy verkies om ’n getroude man se side-chick te wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters