Verlede maand
‘Skeef’ is uit die kas tot in VSA
opslae: Renaldo Schwarp is die vervaardiger van SKEEF.FOTO VERSKAF  ~ 

DIE Suid-Afrikaanse dokumentêr SKEEF, wat handel oor gays, gaan nou Amerikaanse gehore bekoor.

Dié dokumentêr gaan oor die realiteit en ondervindinge van die LGBTI+gemeenskap in SA.

Dit maak hierdie maand sy Amerikaanse debuut op die Palm Springs LGBTQ Film Festival.

SKEEF se première was verlede maand op die kykNet Silwerskermfees in Kampsbaai, Kaapstad.

Renaldo Schwarp (27), TV-aanbieder en omroeper by Jacaranda FM, het die dokkie gemaak.

Ryk

Hy is ook onlangs deur Mail and Guardian as een van die invloedrykste 200 jong Suid-Afrikaners aangewys.

“Suid-Afrikaners se stories is ryk en uiteenlopend. Ek is bly dat queer-stories ook vertel kan word en dat dit internasionaal gewys kan word,” sê Schwarp.

Die dokumentêr word beskryf as “thought-provoking”, ’n “opvoedkundige tool” en ’n “moet-sien vir ouers”.

Die filmfees vind oor twee naweke – 19 tot 22 en 27 tot 28 September – plaas in Palm Springs in die VSA.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters