19 dae gelede
‘Sit happy terug in vroue’
VISIE: Vanessa le Roux sê dis tyd dat die vrou van nou gevier word. FOTO’S VERSKAF  ~ 

“DIE rol wat vroue in die verlede gespeel het, sal altyd onthou en gevier word.

“Maar dis tyd om ’n slag die vrou van vandag ook behoorlik te celebrate.”

So glo Vanessa le Roux, die organiseerder van ’n Vrouedag-ontbyt Vrydag op Vrouedag op die wynlandgoed Hazendal by Stellenbosch.

Die tema van hierdie bederf-sessie is “Men Celebrating Women” en heelwat bekende name gaan die vroue spoil.

Getob

Onder hulle is Robin Pieters, Nur Abrahams, Jolene Martin van Arendsvlei, Maurice Paige van Suidooster en die musieklegende Camillo Lombard, om net ’n paar te noem.

Le Roux verduidelik sy het lank getob oor so ’n samekoms vir vroue.

“Ons kan nie veel langer voortgaan met die idee dat vroue in ’n saal byeenkom, na ’n motiveringspraatjie luister en dan teruggaan huis toe, waar hulle moet gaan wasgoed ophang nie.

“Ons vroue staan nog met ’n mop in die lewe. ’n Emosionele mop, waarmee ons steeds alles in ons gemeenskappe moet skoonmaak.

“Die idee is dat die vroue lekker agteroor sit en om ’n tafel ontbyt geniet met die spesiale gaste wat hulle elke dag op TV sien en oor die radio hoor.”

Volgens Le Roux is dit tyd dat besighede ook hulle kant bring.

“Besighede moet ’n slag wys dat hulle hul vroulike werkers waardeer en kan sommer ’n tafel vir tien vir hulle vroulike werkers koop.

“Ons wil dit ’n oggend van Happy Women’s Day maak.

“Ons wil die ‘happy’ terugsit in vroue.”

Kaartjies vir die event kos R500 elk en ’n beperkte aantal kaartjies is nog beskikbaar.

  • Belangstellendes kan Ke­shia Swarts vir meer inligting oor die ontbyt celebrations bel by 078 697 9625.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters