11 dae gelede
Single van Karin vol soul spice
veelsydige dame: Die talentvolle Karin Kortjé het ’n splinternuwe soulful house single uitgereik.foto’s verskaf  ~ 

KARIN Kortjé is terug met ’n splinternuwe single!

Die geliefde Kaapse sangeres gee Regina Belle se hit song “Baby Come To Me” nuwe lewe – en danksy die bekende vervaardiger Diggy Bongz het die single ’n lekker soulful house flavour.

Sy vertel sy en Diggy het die song al vier jaar gelede opgeneem, maar weens legal issues kon hulle dit nie toe al uitreik nie.

Die song is opgeneem by die Soul Life Audio Bou­tique in Kenilworth, Kaapstad.

Karin vertel: “Diggy het die song gekies. So vier jaar gelede het Diggy my gebel en gesê hy het ’n voorstel vir my.

“Ons het mekaar toe ontmoet en hy’t vir my gesê hy’t planne met dié spesifieke song en dat ek die perfekte persoon is om dit te sing.”

Karin wei uit daar was baie uitdagings voordat die song uitgereik kon word, maar sy’s vol vreugde noudat dit eindelik uit is.

“Die song is nou uit. Dis ’n briljante version van die song. Dit het my heeltemal uit my gemak­sone geneem.

“Die genre is soulful house. Ek het my gate uit geniet toe ons dit gerecord het.

“Die doelwit van die song is om vir mense ’n ander kant van my te wys. Dit moet hulle wys ek is versatile en dat ek probeer om ’n inspirasie te wees.

“Ek wil probeer om die jonger generasie te reach, so ’n mens moet inskakel by hulle manier van leef, hulle denke en ook die soort musiek waarna hulle luister.”

Die song is reeds beskikbaar op al die groot digitale platforms, insluitende iTunes, Spotify, Google Play Music en Tidal.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters