3 maande gelede
Silke sê nee vir Bachelor se rooi roos
VERBY: Silke Geugis het nie Marc Buckner se roos aanvaar nie.  ~ Foto Verskaf

DANKIE, maar nee dankie.

Dis wat die uitgesproke Silke Geugis gesê het toe Marc Buckner haar ’n roos aangebied het tydens Donderdag se episode van The Bachelor SA.

Die 24-jarige van Kaapstad het die aantreklike Marc se aanbod om in die show aan te bly, van die hand gewys oor sy voel hulle geloofsoortuigings verskil.

Sy is baie gelowig en wil haar kinders in die vrees van die Here grootmaak, terwyl Marc nie so gelowig is nie.

Belangrik

Silke was erg oor Marc en hulle het al ’n vuurwarm vrysessie gehad. Hy het haar ook die first-impression roos gegee.

Silke het aan Marc verduidelik: “Toe ek op die journey gekom het, het ek my geloof gehad en dit was altyd baie belangrik vir my.

“Deur die journey het my geloof vir my ’n groter deal geword en ek is nie gewillig om te verander vir enige iemand nie.”

Marc het Silke gevra om aan te bly, maar sy het sy aanbod kalm van die hand gewys.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters