26 dae gelede
Show jou talent af in top-kompetisie
Jippie! Die wenner van die Suidoosterfees Talentsoektog vir 2018/2019 is die Makukhanye Entertainment Group van Khayelitsha. FOTO’S VERSKAF  ~ 

DIE Suidoosterfees soek weer van die beste talent in die Wes-Kaap.

Die sesde Suidoosterfees Talentsoektog vind tussen September en November plaas.

Die fees met die leuse “ ? Fees vir Almal” fokus op die ontwikkeling van jong kunstenaars deur projekte soos die talentsoektog. Die doelwit is om geleenthede vir dié kunstenaars te skep deur werksessies, mentorskap en werkskepping.

Die fees bied vanjaar sewe uitdunrondes aan in gebiede soos die Kaapse middestad, Wellington, Athlone, Mitchells Plain, Bellville, Khayelitsha en die Overberg.

Die Suidoosterfees Talentsoektog is op die uitkyk vir jong mense tussen die ouderdom van 9 en 25 jaar met hope talent in onder meer die kategorieë van sang, instrumentaal, dans en toneelspel.

Voornemende deelnemers word aangemoedig om betyds in te skryf, want die beskikbare plekke is beperk.

Daar is geen inskrywingsfooi vir hierdie kompetisie nie. Die wenners staan ? kans om R10 000 kontant te wen, saam met ander wonderlike pryse en groot geleenthede in die professionele kunstebedryf.

Deelnemers kan al aanlyn inskryf deur dié skakel te volg: suidoosterfees-talentsoektog-talent-search-2019-20.

Die eerste uitdunronde vind op 14 September by die Kunstekaap plaas. Daarna vertrek die fees op 21 September na Wellington, waar dit by die Breytenbach Sentrum sal wees. Op 28 September is dit die beurt van Athlone – by die Cape Music Institute.

Die vierde gemeenskapsronde vind op 5 Oktober by die Hoërskool Cedar in Mitchells Plain plaas.

Beoordelaars

Op 12 Oktober is die uitdunne in Bellville by die CR Louw Ouditorium by die Sanlam-hoofkantoor in Voortrekkerweg.

Die fees gaan maak dan op 26 Oktober ? draai in Bredasdorp in die Overberg. Die laaste uitdunronde vind op 2 November by The Shack Arts School & Theatre (Kasi RC) in Khayelitsha plaas.

Die beoordelaars sluit in die gewilde artist Loukmaan Adams, die bekende sanger Terry Fortune, die jazz maestro Camillo Lombard en die aktrise van Suidooster Desiré Gardner. Elvis Sibeko en Mbovu Malinga, dansers en choreograwe van Jazzart, is ook judges.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters