2 maande gelede
Sasha-lee hys SA vlag
PRAGTIG: Sasha-Lee Olivier verteenwoordig Mzansi in die Mej. Wêreld-kompetisie in Londen.  ~ Foto Verskaf

DIE kompetisie om die kroon vir die wêreld se mooiste meisie het begin.

Mej. Wêreld 2019 word op 14 Desember in Londen, Engeland, aangewys.

Sasha-Lee Olivier, die eerste prinses in die Mej. SA-kompetisie, maak Mzansi sommer vroeg trots in die challenges wat die kroningsaand voorafgaan.

Die pragtige vroue is in groepe geplaas.

Vanessa Ponce, die huidige Mej. Wêreld, het onlangs ’n onderhoud met elke groep gevoer.

Sy het elke deelnemer uitgevra oor haar Beauty with Purpose-veldtog.

Sasha-Lee het oor haar werk as onderwyser en haar liefde vir kinders gepraat. Sy het daarop gewys hoe belangrik dit is vir kinders om hulle by die skool deur kreatiewe kuns uit te druk.

Onreg

Sy meen die huidige stelsel laat geen ruimte daarvoor nie en celebrate nie die verskillende tipes intelligensie nie.

Sy sê sy weet die Stem-based education (science, technology, engineering en mathematics) is baie belangrik vir die vierde nywerheidsomwenteling.

“Dis egter ’n onreg aan ons kinders om nie genoeg aandag aan kunste te gee nie”

Om Sasha-Lee in die top-30 te kry, download Mobstar, volg haar en like haar content. – Channel24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters