2 maande gelede
Rykes maak hul beursies oop
Diep sakke: Rihanna­ het sowat R88 miljoen geskenk om die erge corona-pandemie te help beveg.  ~ Getty Images

RIRI is die president!

Of altans – daai is wat Twitter Rihanna nou noem nadat die sangeres ’n fortuin geskenk het om die corona-pandemie te help beveg.

Die goewerneur van New York, Andrew Cuomo, het dié week getwiet dat RiRi protective gear aan dié staat geskenk het.

Dis toe dat daar genoem word wat die 32-jarige sangeres alles gedoen het om die pandemie te help bestry.

Ek sien op CNN die Clara Lionel Foundation het aangekondig prez RiRi het sowat R87,5 miljoen aan hulle geskenk.

Die geld is geskenk aan ’n paar organisasies wat saamstaan om die vreeslike skade van die pandemie te probeer help verlig.

En dis nie ál nie!

Miljardêr

Sy het ook haar hand diep in haar sak gesteek vir haar eie mense. Die eerste minister van Barbados, die eiland waarvandaan die sangeres oorspronklik is, het gesê Rihanna het aangebied om ventilators ter waarde van R12 miljoen te koop.

RiRi is nie die enigste ster wat ’n groot hart en ’n nóg groter beursie het nie.

Die miljardêr Kylie Jenner het ook R17,5 miljoen geskenk om die pandemie te help beveg.

Die make-up mogul het aangebied om gesigmaskers en ander protective gear te koop nadat ’n ginekoloog in die sosiale media om hulp gevra het.

Die ginekoloog is baie na aan die jongste Jenner se hart, want sy het haar gehelp met die bevalling van haar dogtertjie, Stormi Webster.

Die dokter het Kylie in die sosiale media bedank vir haar skenking.

Daai is mos nou regte ryk antie vibes!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters