Verlede maand
Rubain laat jou lekker dans op talle koortjies
KONSERT: Seuns van Sion tree by die GrandWest Casino op. FOTO VERSKAF  ~ 

KRY julle koordansskoene gereed, want op sy konsert gaan die gospel behoorlik ruk!

So vertel die musikant en gospelsanger Jonathan Rubain van Hanover Park. Hy is ’n lid van die gospelgroep Seuns van Sion.

Hulle hou later dié maand die konsert Jonathan Rubain: Pinkster in GrandWest.

“Die konsert is vir my ’n baie groot oomblik in my musiekloopbaan. Dis ’n hoogtepunt.

“Ek gaan seker maak dat my fans die hele aand koordans op hulle gunsteling-koortjies.”

Dit sal die eerste keer wees dat ’n gospelgroep die Grand Arena by die GrandWest Casino gaan vul met worshippers van regoor die Wes-Kaap.

“Die land gaan tans deur soveel onsekere tye, maar by die konsert gaan ons die nasie weer nuwe hoop gee.”

Rubain voeg by: “Ek sal seker maak my ondersteuners onthou die konsert nog vir jare, want die ervaring gaan lewens verander.

“Ek is baie opgewonde en kan nie wag om my nuwe musiek te perform en my storie van hoop te vertel nie.”

Album

Rubain vertel die vertoning beloof om baie harte diep te raak en die beligting gaan baie spesiaal wees.

Seuns van Sion is die Boyz II Men van gospelmusiek. Die groep se album sal ook by die konsert venue beskikbaar wees.

Die ander kunstenaars wat gaan optree, is Roland Miggels, Colin Mitchells, Kurt Coetzee en Joshua Jansen.

Die vertoning op 31 Augustus begin 20:00 en kaartjies kos R100 (staan) en R130 (sit).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters