13 dae gelede
Royal ondersteuning vir Serena in die US Open
Tjommies: Meghan het na New York gevlieg om Serena Williams in die Amerikaanse Ope Tennistoernooi te ondersteun. Foto: Getty Images  ~ 

HET JY ook sulke larney tjommies soos Meghan, die hertogin van Sussex?

Die hertogin het dié week ’n last minute besluit geneem om haar bestie, Serena Williams, te ondersteun.

Serena het tot gister deelgeneem aan die Amerikaanse Ope Tennistoernooi in New York.

Ek lees op The Times se website prins Harry se vroutjie is nie nog vol fiemies nie.

Sy het Vrydagoggend vroeg sommer op ’n commercial vlug geklim.

Meghan was sonder kind of kraai in Amerika, want sy het nie haar man of vier maande oue koninklike bloedjie, Archie, saamgeneem nie.

Al staff wat haar vergesel het, was haar securities.

Deurgedring

Meghan het Donderdagnag opgebly om Serena se wedstryd in die kwarteindronde teen Elina Svitolina op TV te kyk.

Serena het deurgedring na die eindstryd, wat gister plaasgevind het. En haar bestie het daar en dan besluit om Amerika toe te vlieg om in die eindstryd vir haar te gaan cheer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters