3 maande gelede
‘Rok’ jou styl hierdie winter

JY HOEF nie heeltemal weg te bly van rokke af net oor dit nou winter is nie.

Die hemprok, wat jy natuurlik in alle lengtes kry, is die perfekte winterrok.

Dis lekker los en kan byna saam met enige ander kledingstuk gedra word om jou ’n bietjie warmer te hou.

Om eerlik te wees, hierdie tipe rok is nogal aan die dun kant. As jy egter ’n baadjie of selfs ’n langerige trui bo-oor gooi, kan jy binne ’n kits trendy lyk sonder om te verkluim.

As jy ’n bietjie meer aan die modest kant is, kan jy ’n neutrale kleur polonek onder die hemprok aantrek en ’n hoed of doek om jou kop draai.

Jy hoef natuurlik ook nie skaam te wees om jou hemprok werk toe te dra nie.

Truuk

Met die regte bykomstig­hede kan jy daai hemprok sommer gou formeel laat lyk.

Trek net jou hakskoene en dalk sykouse nader, gooi ’n baadjie oor jou skouers en siedaar! Jy’s reg om enige board­room oor te vat.

Die truuk is om pret te hê met die hemprok en hom aan te pas by jóú persoonlike styl.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters