13 dae gelede
RiRi sit haar beste voetjie voor om reeks te promote
LEKKER BOUDE: Rihanna promote haar lingerie-reeks.  ~ Instagram

BLACK Friday is een van die grootse sales-dae van die jaar.

En die sangeres Rihanna het ook nie op haar laat wag nie. Sy het die voorsprong oor die kompetisie gekry deur been te wys om haar nuutste lingerie-reeks bekend te stel.

Die 31-jarige entrepreneur het Instagram gebruik om haar Savage x Fenty-reeks te bemark. In haar post sit RiRi op die vloer met ’n paar Christian Louboutin-heels aan en hou haar been in die lug.

Sy was sekerlik haar eie beste advertensie met die dat haar kouse die naam “Savage x Fenty” duidelik vertoon.

Buiten sing en lingerie is Rihanna ook ’n groot sokker fan en probeer altyd sokker kyk wanneer sy in Europa is. DailyMail

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters