2 maande gelede
RiRi launch klerereeks
sexy: Rihanna het by die launch van haar nuwe luxury reeks haar eie ontwerp gedra. Foto: getty images  ~ 

RIRI is haar eie muse!

Rihanna het dié week haar nuwe luxury fashion label, Fenty, bekend gestel. Sy het dit saam met die larney LVMH-groep uitgebring.

Ek sien op Elle.com die ster het gesê haar nuwe reeks is vir daring vroue soos syself.

“Dit is badass, dit is daring. Dit is confident en het ’n sterk silhoeët.”

Hoewel hierdie versameling RiRi se eerste een saam met die LVMH-groep is, is dit eintlik haar vyfde reeks as jy haar vorige vier Fenty-reekse daarby tel.

Op die aand van die launch het RiRi opgedaag in ’n sexy wit blazer rok met sterk bulky skouers en ’n effense beklemtoonde middel. Dié blazer-rok is een van die stukke uit RiRi se nuwe reeks. Al die stukke in die versameling het dieselfde elemente.

RiRi, wat tans besig is om aan haar negende studio-album te werk, sê dié versameling is perfek vir die curvy vrou.

“Ek ontwerp klere wat ek baie graag wil dra vir wanneer ek dit wil dra.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters