20 dae gelede
Rihanna se fans soek ’n nuwe album
nou sakevrou: Rihanna se fans se geduld raak min met die gewag vir haar negende studio-album.Foto: getty images  ~ 

RIRI se fans se moermeter rev nou gevaarlik in die rooi.

Die Rihanna navy het die week emosioneel geraak toe Rihanna nóg ’n nuwe onderklere-reeks vir haar brand, Savage X Fenty, gelaunch het.

Van die sangeres se fans kon nie uitgepraat raak oor hoe hot hulle ikoon in die sexy onderklere lyk nie terwyl die res briesend is oor hulle steeds wag vir haar nuwe album.

RiRi het hand en mond beloof dat sy vanjaar haar negende studio-album, R9 soos haar fans dit reeds begin doop het, gaan uitreik.

Ons is nou al in die agste maand van die jaar en al wat uitkom, is die nuwe beloofde reggae-infused album.

Van RiRi se fans het gal gebraak in die comment section van die sexy lingerie-foto’s wat sy op haar sosiale media gelaai het.

Vir dié van julle wat belang stel, die onderklere is nogal redelik bekostigbaar. Dit kos R240 tot R800 en is aanlyn beskikbaar.

Een fan skryf: “Ek wag vir daai album ook om te drop.”

’n Ander een laat hoor: “Die foto’s is hot, maar wat van daai album?”

Tik-tok, RiRi, tik-tok ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters