4 maande gelede
Registrasie toe nie petty issue
Kenneth Petty
In die moeilikheid: Kenneth Petty het hom nie in sy nuwe staat, Kalifornië, as ’n seksoortreder laat registreer nie.  ~ Getty Images

NICKI Minaj (37) se ex-convict hubby, Kenneth Petty, was al weer in die tjoekie.

Ek sien op People.com die 41-jarige Petty het hom Woensdag aan die cops gaan oorgee.

Hy moes dit doen oor hy hom nie as ’n seksmisdadiger geregistreer het nie.

Al is mnr. Petty in New York as seksmisdadiger geregistreer, het hy dit nie in Kalifornië gedoen nadat hy soontoe getrek het nie.

Dié man van die Nicki is in 1995 tronk toe gestuur nadat hy skuldig bevind is aan poging tot verkragting.

Hy moes toe vier jaar in die tjoekie deurbring. 

Maar dis nie die eerste keer dat hy in die mang was nie.

In 2006 was hy 10 maande in die tjoekie nadat hy skuldig gepleit het op ’n klag van strafbare manslag. 

As mnr. Petty hom nie in Kalifornië as ’n seksoortreder laat registreer nie, gaan hy binnekort weer in die mang beland.

Dié keer gaan hy dan sowat 10 ?jaar moet mang.

Ek sien op TMZ mnr. Petty het Woensdag onskuldig gepleit.

Nou moet hy ’n enkelmonitor dra.

Hy moes ook sy paspoort inhandig. Hy mag ook nie enige dwelms, insluitend dagga, gebruik nie. 

Hy moet weer op 23 Maart in die hof verskyn. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters