10 dae gelede
R. Kelly se girls bel in
r. kellyFoto: tmz  ~ 

DAAI varkerige rapper R. Kelly se voortslepende kriminele saak en ander legal issues keer hom glo nie om so ’n bietjie aksie te kry nie.

So beweer ’n paar inbellers wat almal daaroor bos wil los.

TMZ berig sy bronne het vertel die hotline wat Kim Fox in Januarie vir die staatsaanklaer se kantoor in Cook County ingestel het om Kelly se slagoffers ’n kans te gee om hom aan te gee, word nou misbruik. Die inbellers is glo mense wat oor hulle sekskapades met R. Kelly wil spog.

Die blitslyn het volgens die site tientalle oproepe gekry, meestal van vroue wat vertel hoe lekker hulle saam met die rapper geslaap het. Hulle brag glo sommer in detail.

Die aantal oproepe is glo oorweldigend en irrelevant vir Kelly se saak.

Dis net nog ’n weird twist in die hele sordid drama. Hy’t nou net die bullet gedodge van nóg mangtyd oor papgeld.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters