2 maande gelede
R. Kelly het fake ID vir Aaliyah gekry
R. Kelly het glo iemand omgekoop om ’n fake ID vir Aaliyah te bekom. Foto:  ~  Getty Images

DAAR is nou nóg ’n aanklag teen R. Kelly (52) gelê in sy siek sex cult-saak.

Volgens die aanklag het hy ’n fake ID vir die oorle sangeres Aaliyah laat maak sodat sy saam met hom kan trou. Dié tweetjies het mos in 1994 getrou toe Aaliyah maar net 15 jaar oud was.

Die webwerf radaronline.com berig hulle is in besit van hofdokumente waarin daar staan dat die “Bump N’ Grind”-sanger daarvan verdink word dat hy ’n dokument vervals het in 1994 sodat hy saam met Aaliyah kon trou toe sy ’n minderjarige was.

Geruk

Die klagstaat lui dat R. Kelly, saam met die hulp van ander, ’n beampte omgekoop het om ’n fake identiteitsdokument aan iemand te verskaf.

In daai doccie Surviving R. Kelly, wat die hele wêreld geruk het, het die R&B-sanger se voormalige toerbestuurder erken dat hy ’n fake ID gekoop het sodat die 15-jarige Aaliyah saam met R. Kelly (toe 27) kon trou. Volgens die fake ID was Aaliyah 18.

Soos die aanklagte nou op R. Kelly se kerfstok gelaai word, sal hy nooit uit die mang kom nie!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters