2 maande gelede
Poenankies DJ is net die regte medisyne
Oppie decks: DJ Zinhle se vierjarige dogter na-aap haar.  ~ Instagram

DIE appel val nooit te ver van die boom af nie, nè?

In ’n oulike video hou klein Kairo Forbes, DJ Zinhle en die rapper AKA se vierjarige dogtertjie, haar lyfie DJ.

Dis net die regte medisyne om jou te laat glimlag in dié moeilike tyd.

Op Kairo se Instagram page is ’n video waarin sy groot oorfone aanhet en voor ’n mini turntable staan – nes ’n regte egte professional.

En dan gooi die oulike meisietjie nog haar hande in die lug – nes haar ma doen wanneer sy ’n vuurwarm set voor groot crowds speel.

Supa Mega was dalk glad nie verkeerd toe hy op ’n vorige geleentheid gesê het hy sal nie verbaas wees as sy talentvolle dogtertjie eendag ’n superster word nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters