3 maande gelede
Plaasnaar bied ’n one-man show aan
Geen stres: Plaas­naar is ’n grapjas wat like van sing.FOTO VERSKAF  ~ 

PLAASNAAR, ’n klong van Jouber­tina in die Karoo is besig om naam te maak in die vermaaklikheids­wêreld.

Hy is ’n stand-up comedian wat sy eie liedjies skryf en die mense is mal oor sy musiek.

Die plaasklong claim ’n miljoen mense volg hom plaaslik en internasionaal op Facebook.

Van sy gewildste songs is “Meisie Skud Jo Poen-Poen” en “Daar Is Geen Stres Nie”.

Hy het al in verskeie shows opgetree, maar het besluit om nou ’n one-man show aan te bied wat volgens hom original gaan wees.

CD

Plaasnaar se show is Vrydag in die Tempo Lounge in Kensington. Hy sal ’n deel van die opbrengs aan liefdadigheid skenk.

Dit begin 19:00 en toegang is R150 per persoon. Dit sluit in ’n CD met 33 tracks daarop.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters