4 maande gelede
Party outfits meer balls-up as ballsy
Lasizwe DambuzaFoto’s: getty images  ~ 

DONDERDAGAAND het die local celebs omtrent uitgehang by E! se fensie viering van hulle 15de bestaansjaar hier in Afrika.

Maar daar is twee celebs wat Vrydagoggend met meer as net ’n babelas opgestaan het.

Black Twitter het sommer ’n klomp eiertjies gelê oor die TV darling Minnie Dlamini en die so­cial­­ media influencer Lasizwe Da­mbuza se uitrustings.

Een trol op Twitter het gesê arme Minnie lyk soos ’n pienk hot mess.

’n Ander een het getwiet: “Marilyn MonNO!”

Nog ’n gebruiker het getwiet Minnie lyk soos ’n advertensie vir Vanish.

As jy dink daai comments was erg, moet jy die comments oor die grapjas Lasizwe sien.

Kinderagtige

Die jong lat het sy hele stel kroon­juwele op show gehad.

Baie gebruikers op Twitter meen hy het ’n sanitary towel daar gesit om sy privaat dele groter te laat vertoon.

BonangMatheba
RoxyBurger
Chrisjaftha
Gert-Johan Coetzee
Minnie Dlamini

Een gebruiker het getwiet: “Ek sien Lasizwe het ’n romper vanaand aan om sy kinderagtige houding te match.”

Die ontwerper Gert-Johan Coetzee het soos altyd timeless gelyk in ’n swart suit met ’n hint van die gingham-patroon.

Chris Jafhta het effortlessly sexy gelyk in ’n indrukwekkende pak.

Ek het net my oë opgeslaan toe ek Roxy Burger in haar superblink jumpsuit sien. Die aanbieder kry dit altyd verkeerd op die rooi tapyt.

Ek weet nie presies wat dit is van haar outfit wat my afsit nie. Dalk is dit haar platgevalde, uitgebleikte hare of haar superblink jumpsuit wat nie so lekker pas nie.

Bonang Matheba lyk altyd goed, maar hierdie rok verveel my. Dit voel of sy dit al aangehad het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters