Verlede maand
Parow perform klaar met bloeiende knie
Jack Parow se besering het hom nie gestuit nie.Foto: instagram  ~ 

DIE gewilde local Afrikaanse rapper Jack Parow het in ’n show seergekry op stage, maar hy het eenvoudig voortgegaan.

Die voorval het Woensdag in Stellenbosch gebeur toe hy opgetree het.

Hy het op Instagram ’n foto gewys van sy knie wat bloei.

“Dit was f*kk*n mal. Ek het die steke om dit te wys.”

Die 36-jarige rapper – sy regte naam is Zander Tyler – het aan The Juice gesê die show was 10 minute aan die gang toe hy op die stage buk.

Hy het nie geweet daar is ’n gebreekte glas op die stage nie.

“Ek het niks gevoel nie omdat die adrenalien deur my gepomp het. Ek het vir nog 40 minute gespeel toe ek eers agterkom iets het gebeur.

“Ek het gesien die bloed drup teen my been af en my skoene is rooi.”

Hy sê hy het die wond skoongemaak, toegedraai en aangehou paartie.

“Ek moes vyf steke kry, maar omdat ek so lank gewag het, was dit te laat. Hulle het die wond skoongemaak en gom daarop gesit om die sny toe te maak en dit toegebind.

“Ek het ook inspuitings gekry en pille vir die pyn.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters