26 dae gelede
Orlando glo hy en Katy gaan bloom
ewig: Orlando Bloom is daarvan oortuig Katy Perry is sy happy ever after. Foto: GETTY IMAGES  ~ 

ORLANDO Bloom (42) glo sy verhouding met Katy Perry (34) gaan vir ewig wees – danksy die actions van sy eks.

Die ster van Pirates of the Caribbean sê sy romanse met die sangeres van “Dark Horse” gaan nie in ’n egskeiding eindig nie.

Dít kom omdat hy alreeds daar was en nie weer in ’n skeihof wil staan nie.

Mirror.co.uk berig hy het saam met Willie Geist op NBC se Sunday Today oor sy gevoelens vir sy verloofde gepraat.

Die akteur maak oop: “Dit is belangrik dat ons op dieselfde golflengte is.

“Ek was al getroud en geskei en ek wil dit nie weer doen nie. Ons is albei ten volle hiervan bewus.

“Sy is merkwaardig en ek is altyd so beïndruk daardeur en ek is encouraged.”

Orlando was voorheen getroud met die model Miranda Kerr.

In 2013 het die paartjie ná drie jaar van getroude lewe geskei. Orlando en Miranda het ’n agtjarige seuntjie, Flynn, saam.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters