11 dae gelede
Oprah bemoedig matrieks
OPRAH WINFREYFoto: WIKIMEDIA  ~ 

OPRAH Winfrey het die klas van 2020 Vrydag live op Facebook toegespreek. Dit was gemik op die matrieks wat hul senior jaar tuis moes afsluit.

Sy’t gesê: “Selfs al is daar weens ons omstandighede nie prag en praal nie, is daar nog nooit van ’n klas wat gradueer, op dié manier verwag om die toekoms te betree met meer doelgerigtheid, visie, passie, energie en hoop nie.

Sy het die klas van 2020 gevra om baanbrekers te wees vir ’n samelewing ná die pandemie. Sy het hulle gevra om ’n “meer ontwikkelde, normaler, regverdiger, sagmoediger, mooier, teerder, helderder en kreatiewer” wêreld te skep, berig UPI.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters