17 dae gelede
Op 48 wys Noami weer lyf
daai lyf: Naomi Campbell is op 48 steeds een van die mooiste vroue op aarde.Foto: ThePlace2  ~ 

SY IS sedert die 1990’s in die mode- en skoonheidsbedryf en sy is steeds beeldskoon.

Ons praat nou van die supermodel Naomi Campbell.

Op 48 het sy pas weer kaal poseer vir Nars se jongste skoonheidsveldtog. Sy is die nuutste gesig (of dalk eerder lyf) van dié brand se Orgasm Collection.

Naomi is treffend met net ’n silky haarstuk wat haar kaal lyf bedek.

Die ikoniese model lyk heel confident voor die kameras en haar stunning figuur highlight die nuwe reeks produkte.

Sy is die perfekte poster girl vir die nuwe skoonheidsveldtog.

Die skoonheidshuis vier sy 20ste bestaansjaar met die vleiende Orgasm shade, wat gemaak is vir alle velkleure.

As jy sakke vol geld het, moet jy seker maak jy is 15 Mei aanlyn op die skoonheidshuis se webtuiste om die produk vir jou op te raap. – DailyMail

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters