7 dae gelede
Oom Bull wil jeug 'n hupstoot gee
oom bull: Die talentvolle sjef Enrico Apollis help jong mense.FOTO VERSKAF  ~ 

“JY MOET ’n droom hê en glo in jouself.”

So vertel Enrico Apollis van Pacaltsdorp wat homself opgewerk het en nou sy droom uitleef as ’n sjef.

Die talentvolle jong man van die Suid-Kaap – beter bekend in die dorp as Oom Bull – het nie toegelaat dat uitdagings hom agterhou om sy drome waar te maak nie.

Hy het onlangs sy eie gastehuis, Oom Bull’s Principality, op die plaas Herold Meander tussen die skilderagtige berge geopen.

“Ek wil graag die jeug van die platteland bemagtig en hulle aanspoor om nooit op te gee op hulle drome nie.”

Apollis vertel sy oupa Bull het hom altyd geïnspireer en vandag pluk hy die vrugte van sy harde werk.

“Dis die begeerte van my hart om die jeug van plattelandse dorpe te help, want baie kere is die geleenthede maar skraal hier op die plaas. Maar daar is nog hoop.”

Studeer

Apollis hou op 17 Augustus ’n charity gala. Dié black-tie event word by die Pacaltsdorp Civic gehou.

Die opbrengs gaan geskenk word aan jeugdiges van Olympia en Pacaltsdorp wat graag verder wil studeer.

So, kry julle gereed vir heerlike disse en musiek uit die boonste rakke van verskeie plaaslike kunstenaars.

Die event begin 18:30 en die kaartjies kos R350.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters