2 maande gelede
Ons het hóm nodig, sê Carlo
Carlo FransmanFotoVERSKAF.  ~ 

“GENOEG is genoeg! Ons het die Here so nodig,” sê die gospel­sanger Carlo Fransman oor ál die geweld in ons land.

“Kom ons vat hande en staan saam deur lof en aanbidding in die naam van Jesus,” vertel Fransman.

“Baie kere is die uitdagings oorweldigend vir baie van ons mense, want werkloosheid is ’n groot probleem. Maar as ons in die Here vertrou, sal Hy die uitkoms stuur.

“My gebed is dat Suid-Afrika na die Here terugkeer. Dan sal God die land genees.”

Fransman tree op 29 September by die Healing Worship Experience op.

“Ek is trots dat ek deel is daarvan, want gospelmusiek het so ’n strelende effek op die siel.”

Nóg ’n kunstenaar, Craig Pienaar van Divine Purpose, het hom ook uitgespreek teen die geweld, maar sê Jesus bly die antwoord.

Die Healing Worship Expe­rience vind plaas by die Pentecostal Church, Rosetteweg 18 in Northpine, Kraaifontein.

Die gaskunstenaars is Krista Jonas, Heinrich Antonie, Divine Purpose, Chadleigh Gowar, Colin Mitchells, Felicia Marion, Heinrich Isaacs en Chrystal Swanson.

Die gospel-show begin reeds 16:00 en kaartjies kos R100.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters