Verlede maand
Ons goue girl reik ook uit
gee om: Charlize Theron het ’n veldtog geloods vir vroue wat gesinsgeweld verduur te midde van die corona-virus-krisis.Foto: GETTY IMAGES  ~ 

MZANSI se goue meisie Charlize Theron (44) het ’n hart van goud.

Dié Atomic Blonde-aktrise het die veldtog Together For Her bekendgestel. Daardeur wil sy vroue help wat slagoffers is van gesinsgeweld.

Sy het op Instagram gesê sy wil vroue oor die wêreld heen help, veral noudat almal gedwing is om meer tyd by die huis deur te bring.

“Tydens dié ongekende wêreldwye krisis word ons gevra om veilig in ons huis te bly, maar wat as ons huis nie ’n veilige plek is nie?”

Sy meen dis tyd dat die lig gewerp word op gesinsgeweld wat te midde van die corona-virus-krisis die hoogte ingeskiet het.

Charlize sê sy gaan $1 miljoen (sowat R19 miljoen) skenk in die stryd teen die pandemie.

Sy gaan $500 000 (sowat R9,5 miljoen) van die bogenoemde bedrag aan haar Together For Her-veldtog uitmaak.

Dié aktrise van Benoni weet hoe dit voel om in ’n huis met ’n abuser te leef. Haar pa het haar ma mishandel tydens haar grootwordjare hier in Suid-Afrika.

Bankvas

“Daai geld gaan gebruik word vir die miljoene vroue en kinders oor die wêreld wat saam met ’n abuser in ’n huis moet wees, want dit kan gevaarlik wees.

“Help ons om mishandelde vroue te wys hulle is nie alleen nie – dat ons bankvas agter hulle staan en hulle ondersteun. #TogetherForHer.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters