2 maande gelede
Omstandighede keer Davids nie
VOL VUUR! Apostel James Davids bring hoop.FOTO VERSKAF  ~ 

DIE geliefde apostel James Davids van Worcester het nie toegelaat dat sy omstandig­hede hom terughou in die lewe nie.

Davids, wat met polio gebore is, vertel hy moes deur sy ma gedra word en het ander kere self rondgekruip.

Davids sê: “Ek moes leer loop met ’n kruk en die dag toe ek die Here aangeneem het, het my selfvertroue verbeter.

“Ek het nooit gedink ek sou eendag trou en kinders hê nie, want watter meisie sal nou na my kyk? Ek is altyd gespot.”

By die Apostoliese Geloof­sending-kerk was Davids lid van ’n uitreikspan wat die evangelie oor die land heen verkondig het.

Davids is van mening daar moet meer gekyk word na geriewe vir gestremdes, want dis altyd ’n uitdaging, veral by ontspanningsplekke.

“My boodskap in dié Pinkstertyd is: Jesus is die antwoord vir al ons probleme in die land.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters