Verlede maand
Omroeper glo medelye is belangrik
bly binne: Die radio-omroeper Christo Gawie maan Suid-Afrikaners om by die huis te bly.foto verskaf  ~ 

DIE radio-omroeper Christo Gawie het ’n hart vir sy luisteraars.

Heartbeat FM in die Suid-Kaap het 110 000 luisteraars en in tye van nood reik hulle gereeld uit na die gemeenskap.

“Wat my kwaad maak, is dat daar nog mense is wat lelik en onbedagsaam is te midde van die krisis.

“My pleidooi is dat ons medelye betoon, veral aan dié wat nie kos het nie en swaar trek in hierdie krisistyd.

“Ek sien nog te veel families gaan inkopies doen met kinders in die voertuig. Só stel ons ander in gevaar. Kom laat ons die regering gehoorsaam – wees veilig en bly by jou huis.”

Christo het liefde vir sy gemeenskap, veral kinders. Daarom help hy graag.

Hy is ook betrokke by die radiostasie RSG, waar hy as sportverslaggewer en stemkunstenaar werk.

“Ek is dankbaar vir die feit dat ek nog elke oggend op God se wakker-maak-lysie is. Dit is vir my meer as genoeg om ander te kan motiveer.

“Hierdie krisis gaan nie vir ewig aanhou nie. Dit sal ook verbygaan. Hou goeie moed, jy sal die stryd oorwin,” sê Christo.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters