3 maande gelede
OJ wil sy ‘kleinkind’ True nou graag sien
wie’s haar pa? Rumours loop sterk Khloé Kardashian is OJ Simpson se dogter. Foto: getty images  ~ 

KHLOÉ Kardashian het deur ’n rowwe tyd gegaan toe haar berk Tristan Thompson haar verneuk het.

Maar nou is daar nog ’n stukkie drama wat dié realiteitster volg. Daar was jare lank rumours dat OJ Simpson Khloé se pa is.

Ná die geboorte van Khloé en Tristan se kind, True, sê RadarOnline dat OJ aandring hy wil sy “kleindogter” sien.

Kris Jenner was met Robert Kardashian getroud toe hy Simpson se lawyer in die opspraakwekkende hofsaak was.

Daai tyd was daar ook rumours dat Kris ’n verhouding met Simpson gehad het, maar dis altyd ontken.

’n Ingeligte in die Nevada-tronk waar Simp­son was, sê Jenner het Simpson “minstens een keer ’n week” gebel en gevra vir ’n DNS-toets.

OJ het foto’s van True gesien en hy glo nou meer as tevore Khloé is sy dogter.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters