3 maande gelede
Oeps, sy doen dit nie weer
nugter: Britney Spears en booze meng nie meer nie. Foto: sawfirst  ~ 

DEMI Lovato se shows in Atlantic City, New Jersey, en Echo Beach, Toronto, is gekanselleer ná haar relapse en overdose aan vermoedelik heroïen.

Nou berig Page Six die span wat saam met Britney Spears werk, maak seker daar is geen booze backstage nie.

Britney is tans op toer en alle alkohol is verbied. ’n Bron sê Britney se span het streng reëls oor booze ingestel voordat die “Toxic”-sangeres se shows Maandag en Dinsdag by Radio City Music Hall plaasvind.

“Hulle wil die drank van haar af weghou, en van die dansers is in elk geval minderjarig. Dis die beleid deur die hele toer.”

Daar is ook berig haar mense gaan seker maak daar is geen dop in die hotelle waar sy gaan bly nie.

Britney is al geruime tyd droog.

Sy het in 2007 ’n baie openbare breakdown gehad. Maar met haar nuutgevonde nugterheid is sy volgens ingeligtes deesdae gesond.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters