4 maande gelede
Oefening help Mel B om te cope
angstig: Mel B sê sy ly aan ADHD.Foto: farmweek.com  ~ 

MEL B sê oefeninge help haar om te fokus vandat sy gediagnoseer is met ADHD.

Die voormalige Spice Girls singer (44) het in Paul McKenna se Positivity Podcast gepraat oor hierdie siekte. Behalwe dit is sy ook disleksies en het anxiety.

Die ma van drie sê sy doen oefening om “haar mind te help.” Verder help dit haar om te mediteer en van haar angstigheid ontslae te raak.

Platteland

“Oefening help my om op myself te fokus vir daai 45 minute of een uur. Ek het ’n mental siekte, jy moet effens mal wees om te doen wat ek doen,” sê sy.

Volgens haar is om op die platteland te wees goed vir haar toestand.

Sy is ook bewus daarvan dat sy mense soms intimideer.

“Ek is te reguit en te loud. Maar om humble en dankbaar te wees is ook belangrik.”

Ná 15 jaar in Los Angeles het sy nou teruggekeer na Engeland.

Volgens die koerant The Sun wil sy nader wees aan haar ma, Andrea, en suster, Danielle, nadat hulle ’n dekade lank vervreem was van mekaar. – DailyMail

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters