2 maande gelede
Noble se CD 'is wag werd'
STER: Die gospelsangeres Chrystal Swanson tree ook op.FOTO VERSKAF  ~ 

SON op Sondag se eie Gregory Noble launch eersdaags sy nuutste album.

Noble het Port Elizabeth toe gereis om die CD saam met die producer Marcus Pitie te vervaardig.

Hy sê hy het vier jaar gewag om dié album, Through It All, ’n werklikheid te maak.

“Die wag was die moeite werd en dit was ’n groot voorreg om saam met die talentvolle Pitie te werk.

“Die Here het die uitkoms gestuur en as Hy vir jou groot dinge doen, moet jy dankie sê,” aldus Noble.

Hy vertel hy het deur baie moeilike tye gegaan en wou baie keer opgee omdat die stryd sommige dae net te groot was.

“Maar ek het besef dis in sulke tye dat jou karakter gevorm word.

“Die album gaan baie harte aanraak, veral dié wat deur ’n moeilike tyd gaan. Maar wees verseker – dit sal ook verbygaan.

“Die Here stuur altyd die uitkoms op die regte tyd.

“Ek sal sing van die goedheid van die Here, so hou moed as die storm woed,” voeg Noble by.

Die launch is Saterdag 21 Desember met 'n konsert in Kraaifontein.

Die sangeres Chrystal Swanson sê: “Ek is baie excited om by die konsert op te tree, want dis ’n groot mylpaal in Gregory se lewe.

Orkes

“Ons is ook bly om saam met Gregory die uitreik van sy nuutste album te vier.

“Die musiek en liedere gaan baie harte diep raak.”

Die ander kunstenaars wat gaan optree, is Germaine Leonard, Heinrich Antonie, Roland Morkel, die orkes Just Friends en Christiaan de Waal.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters