4 maande gelede
Nicki sê sorry vir man se petty gedrag
ASKIES: Nicki Minaj moes verskoning vra vir haar man se gedrag by ’n karnaval in Trinidad en Tobago.  ~ Foto Verskaf

NICKI Minaj moes omtrent sorry vra nadat haar tronkvoël hubby, Kenneth Petty, amper handgemeen geraak het toe iemand aan haar vat.

Die tweetjies het onlangs uitgehang by ’n karnaval in Trinidad en Tobago, waar Nicki vandaan kom.

Een van die kunstenaars wat op die verhoog was, wou Nicki betrek by sy performance en toe meneer Petty dit gewaar, het hy die man se hand van sy vrou afgehaal.

Toe ’n video van die onderonsie in die sosiale media beland, het mense omtrent na die rapper se man gehap.

Sy het dit maar gevat soos dit kom en namens haar hubby askies gesê.

Sy het mooi verduidelik dat dit sy eerste karnaval is en dat hy nie weet hoe vry mense gewoonlik by dié soorte events is nie.

Sy het ook gesê dat sy baie lief vir haar land is en dat hulle nie seergemaak moet wees oor Kenneth nog nie aan hulle kultuur gewoond is nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters