11 maande gelede
New Birth join fees
opgewonde: New Birth is een van die gospelgroepe wat op die Gospel Eenheidsfees (#Gfest2018) gaan optree. FOTO VERSKAF  ~ 

‘KOM ons beweeg nader aan God, dan sal die wêreld gered word.”

Só sê die regisseur, liedjieskrywer en gospelsanger Edward Adams van die groep New Birth.

Adams, wat van Nooitgedacht is, sê hulle is baie opgewonde om deel te wees van die Gospel Eenheids­fees (#Gfest2018).

Die fees word op Saterdag 4 Augustus in die Athlone-stadion gehou. Dit sal van 10:00 tot 22:00 duur. Toegang kos R100.

“Dis hoog tyd dat die gospel-kuns­tenaars van die Kaapse Vlakte nader aan mekaar beweeg. As jou verhouding met die Here reg is, sal die salwing op jou bediening rus.

“As ons in eenheid kom en saam die Here loof en prys, sal ons ves­tings neerwerp en sal kosbare siele tot die Here kom,” het Adams gesê.

Die groep herdenk sy 30ste bestaansjaar en beplan ’n gala- of gospelkonsert om dit te vier.

Kontak Adams by 081 466 5271.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters