2 maande gelede
Netflix vra: stop dit tog!
stop dit! Netflix vra mooi dat jy nie aan die Bird Box Challenge moet deelneem nie. Dis mos die nuwe riller waarin Sandra Bullock speel. Foto: wikifeet.com  ~ 

EK HET nie eens geweet dis ’n trend nie, want ek het nog nie die fliek gesien nie.

Maar Netflix se base het volgens Channel24 mos nou baie mooi gevra dat hul Bird Box movie fans asseblief tog net nie die blindfold trend moet volg nie.

Sandra Bullock speel mos in dié riller (glo baie suksesvol by die box office) en daar is baie scenes waarin sy en die ander karakters (asook haar fliekkinders) geblinddoek is.

In sekere posts op social media is daar mense wat mos aan die challenge deelneem, en selfs ouers wat hul telge in mure laat vashardloop.

Hospitaal

Nog belagliker is daar idiots wat geblinddoek in die strate rondhardloop en selfs toe-oog bestuur – alles met die hashtag BirdBox­Challenge.

Netflix vra mooi op Twitter dat die mense hulleself asseblief tog nie moet beseer nie.

Netflix weet nie hoe dit gebeur het nie, en is verheug oor ál die love, maar niemand hoop dat iemand in die hospitaal gaan beland as gevolg van ’n klomp mêmes nie.

Ek sê: Go for it! Minder idiots in die gene pool ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters