16 dae gelede
Net die beste – dís wat Mujahid bied
AAN DIE BRAND: Die broers Mujahid en Mo George tree binnekort saam op in die show Simply the Best.foto VERSKAF  ~ 

DIE boy van die Bo-Kaap Mujahid George gaan die ding weer doen met sy vuurwarm vertoning, Simply the Best.

Die gewilde musikant met die warm persoonlikheid en liefde vir kinders is deesdae ook ’n ambassadeur vir die Rooi Kruis Kinderhospitaal.

Mujahid sê musiek is sy passie en dis sy begeerte om mense daarmee te inspireer.

Hy sê: “Dié jaar was ek so bevoorreg om die verhoog te deel saam met die Amerikaanse super-ster Tevin Campbell.

Deelgeneem

“Hy het ook tyd afgeknyp om vir die kinders in die hospitaal te sing.”

Wat die konsert spesiaal maak, is dat Mujahid die verhoog sal deel met Mo, sy broer.

Dié het vanjaar deelgeneem aan die sangkompetisie The Voice South Africa.

Die gasmusikante is Karin Kortjé, Elwira Standili, Krista Jonas en Loukmaan Adams.

Simply the Best begin 20:00 Saterdag in die Kaapstad Stadsaal. Toegang is R120. Bel Mujahid by 083 220 9077 of 083 501 8745 vir meer inligting.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters