28 dae gelede
Mzansi-ou MacGyver se nemesis
BADDIE: Sean Cameron Michael is The Ghost in MacGyver.Foto: imdB  ~ 

DIE akteur Sean Cameron Michael wys binnekort in MacGyver gesig. Sean is ’n gebore Suid-Afrikaner.

Hy speel The Ghost, die Ierse bomplanter wie se lyf MacGyver (gespeel deur Lucas Till) al drie reekse lank soek.

Môreaand 19:10 kom die twee eindelik face to face te staan (DStv-kanaal 115).

Daar is selfs sprake dat Sean se vertolking van The Ghost hom ’n Emmy in die sak kan bring.

Die 49-jarige akteur is ook te sien in die TV-reekse Deep Sate en die riller Die Spreeus.

Hy het ook gespeel in Scor­pion, Criminal Minds: Be­yond Borders, Black Sails, Shooter en Blood Drive.

Ander projekte met sy naam by, is Netflix se The Last Days of American Crime en die plaaslike movies Trigger­ed en Fried Barry. – Channel24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters