6 maande gelede
Mpisane maak oop oor koma
noue ontkoming: Die lewe gaan weer voort vir Sbahle Mpisane. Foto: SUNDAY EXPRESS  ~ 

DIS nou byna twee maande dat die fitness bunny Sbahle Mpisane ná ’n lang tyd in die hospitaal weer by die huis is.

Die 25-jarige skoonheid was op 9 Augustus in Durban by ’n ernstige ongeluk betrokke.

Sbahle praat in ’n Instagram post oor haar ongeluk, haar koma en hoe sy haar eie geluk skep.

“Ek was drie weke in ’n koma en het wakker geword in ’n liggaam waarvan byna 80% van die bene gebreek was. God het my ruggraat beskerm.

“Ek kan niks van die ongeluk onthou nie en die afgelope twee jaar is ’n blur. Ek was vier maande in die hospitaal.”

Sy skryf die pad was alleen, maar sy het support gehad van haar familie.

Sbahle voeg by sy beskou die ongeluk as deel van haar ervaring in die lewe en dit help haar om ’n beter mens te wees vir haar geliefdes. – Channel24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters