3 maande gelede
Mini-me doen dit háár way
Sexy: Thandie Newton is so pragtig soos altyd.Foto: Pinterest  ~ 

THANDIE Newton is ’n cool ma.

Sy het haar dogter, Nico Parker (14), na die Variety Power of Young Hollywood gala in Los Angeles gevat.

Die 46-jarige Golden Globe-benoemde aktrise het stunning gelyk in ’n minirok met blompatrone op. Nico, wat self ’n opkomende ster is, het net so fraai in haar rokkie gelyk.

Sy het onlangs haar eerste groot rol gespeel in die aksie movie Dumbo, wat in Maart uitgereik is.

Tipies tiener het Nico nog geen raad van haar ouers gevat nie – al is haar ma ’n aktrise en haar pa, OI Parker, ’n regisseur en skrywer.

Sy het teenoor The Hollywood Reporter gebieg dis maar vir haar stresvol as ma Thandie haar tips oor acting probeer gee. – MailOnline

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters