16 dae gelede
Miley vry 'n nuwe outjie
EISH: Miley Cyrus het alweer ’n nuwe vryer. Foto’s: GETTY IMAGES  ~ 

NEE kyk, Miley Cyrus het dit verloor, soos in heeltemal.

Die sangeres van die hit “Wrecking Ball” is dié week weer gesien waar sy haar jare lange tjommie Cody Simp­son gesoen het.

Miley moet briek aandraai met haar flirtasies. Ons kan nie meer byhou nie.

Sy en haar man, Liam Hems­worth, se paadjies het mos onlangs geskei. Hulle was skaars ’n jaar getroud.

Kort daarna was sy en Kaitlynn Carter onafskeidbaar en baie vryerig. Maar dit het ook nie lank gehou nie. Die twee girls het ook twee weke gelede gesplit.

En nou hang Miley weer met Cody Simp­son, die supermodel Gigi Hadid se eks, uit.

Die paparazzi het die tweetjies al ’n paar keer in ’n kort tydjie saam afgeneem.

Hulle is Donderdag saam gesien by ’n grocery-winkel waar hulle sushi en iets te drinke gekoop het.

’n Ooggetuie het aan E! gesê hulle is vinnig in en uit by die winkel oor hulle gesien het hulle word dopgehou. Volgens die persoon het die tweetjies ook ’n soen gedeel voordat hulle hulle kos uitgesoek het.

Miley, is alles oukei byrie huis?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters