24 dae gelede
Met dié program wil Emo jou famous maak
sanger: Jesmoné van Cloetesville het deurgedring tot die volgende ronde. foto’s verskaf  ~ 

WAS julle ook Donderdagaand vol senuwees vir die talentvolle deelnemers wat in spanning gewag het om te hoor of hulle dit deurgemaak het tot die volgende ronde van Emo Adams se nuwe show Maak My Famous?

Dié week was daar 12 deelnemers in die show. Elkeen is by een van vier kategorieë ingedeel. Net een deelnemer uit elke kategorie kan vir die volgende ronde qualify.

Die aanbieder het ook ’n Emo ticket wat hy kan gebruik om een deelnemer te red wat dit nie tot in die gehoor se top-vier gemaak het nie.

Ek het amper uit my stoel gespring toe die vier stuks van die dansgroep The Unknown van Ocean View in die speciality-kategorie deurgedring het tot die volgende ronde.

In die sangkategorie vir mans het Jesmoné van Cloetesville deurgedring en in die vroue-kategorie Kaylin van Bredasdorp.

In die kategorie vir rappers was die duo Frontline Soldiers aan die wenkant. Die twee manne van Uitenhage in die Oos-Kaap het met hulle vertoning hulde gebring aan een van hulle vriende wat selfmoord gepleeg het.

Gegooi

Emo het sy lucky ticket aan Bernice van Swartruggens gegee.

Hy glo dié jong meisie het hope talent. Hy het toe vir haar ’n lifeline gegooi.

Ons kan weer Donderdag van 20:00 op kykNET en kie inskakel om te kyk watter 12 ander finaliste sake gaan uitspook vir ’n plek in die volgende ronde van Maak My Famous.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters