27 dae gelede
Mej. SA se show kry baie oemf
superster: Sho Madjozi is een van die sterre wat sal optree. FOTO’S VERSKAF  ~ 

VERSKEIE musikante gaan ekstra oemf gee aan die Mej. Suid-Afrika-kompetisie wat volgende maand in Pretoria plaasvind.

Sterre soos Sho Madjozi, Amanda Black, Nasty C, Jesse Clegg en Rowlene tree op 9 Augustus op wanneer Suid-Afrika se mooiste jong vrou gekroon sal word.

Diegene wat die show daai aand nie kan bywoon nie, kan dit regstreeks op M-Net (DStv se kanaal 101) en Mzansi Magic (DStv se kanaal 161) van 17:00 af kyk.

Bonang Matheba sal op die dag van die show die aanbieder wees.

Sy word bygestaan deur Liesl Laurie (Mej. Suid-Afrika 2015 en nou ’n radio-omroeper) en Zavion Kotze van Wedding Bashers en Survivor South Africa: Cham­pions.

Sho, wat van Limpopo kom, tree natuurlik op.

Sy is ’n Tsjongarapperen het geskiedenis gemaak toe sy die eerste vroulike Afrika-kunstenaar geword het wat ’n BET-prys gewen het.

Jesse – seun van oorle Johnny Clegg – tree ook op.

Nasty C, gebore in Durban, snoer kragte saam met Rowlene van Elsiesrivier.

Amanda van die Oos-Kaap perform ook by die show.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters